Weg! Ry & Sleep (Digital)

Weg! Ry & Sleep (Digital)

1 Issue, Oct/Nov 2022

Bielie van die Bosveld

Die Bosveld is sinoniem met wild, mooi sonsondergange en ’n magdom kampplekke. Ons gaan slaan tent op by Bush ’n Buck, waar daar iets vir elke smaak is.
Bielie van die Bosveld
Bush ’n Buck se naam kon net sowel Bush ’n Bird gewees het, want sommer met die inryslag sien’n mens dié kamp is ’n voëlparadys. Die kiewiete se skril skreeu verwelkom jou terwyl die neushorings nuuskierig kom kyk of jy darem weet hoe om ’n tent op te slaan. Vroegoggend, nog vóór die son deur die Bosveldbome begin skyn, sak die geveerderds op jou toe – hou dus jou kamera gereed. Die witkatlagters in die doringveld trek soos ’n sprinkaanswerm deur jou kampplek, raserig en al hoppende en pikkende op die gras. Skielik is die pylvlekkatlagters en gevlekte lysters ook daar, met die geelvinke en mossies wat dinge uit die bome bekyk. Die rooibors- en langstertlaksmanne verkies om eerder ’n ent weg tussen die takke weg te kruip, en die piepklein…
You're reading a preview of
Weg! Ry & Sleep (Digital) - 1 Issue, Oct/Nov 2022

DiscountMags is a licensed distributor (not a publisher) of the above content and Publication through Zinio LLC. Accordingly, we have no editorial control over the Publications. Any opinions, advice, statements, services, offers or other information or content expressed or made available by third parties, including those made in Publications offered on our website, are those of the respective author(s) or publisher(s) and not of DiscountMags. DiscountMags does not guarantee the accuracy, completeness, truthfulness, or usefulness of all or any portion of any publication or any services or offers made by third parties, nor will we be liable for any loss or damage caused by your reliance on information contained in any Publication, or your use of services offered, or your acceptance of any offers made through the Service or the Publications. For content removal requests, please contact Zinio.

© 1999 – 2025 DiscountMags.com All rights reserved.