Tuis (Digital)

Tuis (Digital)

1 Issue, December 2019

’N FEES VIR KINDERS met wysheid

Kersfees kan maklik ontaard in knersfees, sê Karin Brynard. En dan is daar die reddende wysheid van kindsheid.
’N FEES VIR KINDERS met wysheid
Op my hoge ouderdom bevind ek my skielik weer in speelgoedwinkels met Kerstyd. Nie vir ’n kleinkind, soos jy sou verwag nie, maar vir ’n oumens. My moeder. Met elke jaar dat die tyd haar nader aan ’n honderd tik, verdwyn die skapies uit haar gryse ou kop (ou dames hou mos nie varkies aan daar bo nie, by hulle is dit skapies). Stil-stil sluip die outjies weg, enkelgelid, elk met ’n ietsie onder die blad wat hy uit die arsenaal van ’n leeftyd se vlyt en vaardigheid gesteel het. Kort-kort merk ek dat daar nóg iets kosbaars weg is. Sy’t ophou onthou hoe ’n telefoon werk. Of haar dierbare ou hande het vergeet van brei, selfs van kraletjies ryg. En nou’s dit Krismis en ek soek ’n toepaslike geskenkie vir Oumoeder…
You're reading a preview of
Tuis (Digital) - 1 Issue, December 2019

DiscountMags is a licensed distributor (not a publisher) of the above content and Publication through Zinio LLC. Accordingly, we have no editorial control over the Publications. Any opinions, advice, statements, services, offers or other information or content expressed or made available by third parties, including those made in Publications offered on our website, are those of the respective author(s) or publisher(s) and not of DiscountMags. DiscountMags does not guarantee the accuracy, completeness, truthfulness, or usefulness of all or any portion of any publication or any services or offers made by third parties, nor will we be liable for any loss or damage caused by your reliance on information contained in any Publication, or your use of services offered, or your acceptance of any offers made through the Service or the Publications. For content removal requests, please contact Zinio.

© 1999 – 2025 DiscountMags.com All rights reserved.